Marlize se bene

Ons is nog steeds in 1989. Die goedereloods was ‘n reuse onderdak area waar goedere trokke van die spoorweg deur die nag ingestoot was en dan het ons as goedere kontroleerders , toesig gehou terwyl die trokke afgelaai is. Elkeen van ons het ‘n sekere seksie gehad wat ons voor verantwoordelik was. Hierdie seksies was so paar hondered meter lank en elke seksie het ‘n klein baksteen kantoor gehad. 

Die kantoor was nou nie watwonders nie maar dit het ‘n hout tafel en stoel gehad met ‘n verwarmer en ‘n wasbak en ‘n plek om koffie te maak. Ons het daar gewerk…alleen todat al die goedere afgelaai is en die vragmotors gelaai was. Na die vragmotors weg is het jy lekker in jou kantoor lyf weggesteek en ‘papierwerk’ gedoen tot met middagete. 

My kollega, net so bietjie verder was ‘n getroude vrou, ‘n jaar of wat ouer as ek, met ‘n lyf wat geskrik het vir niks. Sy het ligte bruin-blonde hare gehad en het altyd die lekkerste stywe klere aangehad. Sy het ook nou en dan lus geraak. Lus geraak om te gesels, lus geraak om koffie te deel, lus geraak om koffie te kom leen, rus geraak om haar papierwerk op my tafel te doen. Dan het ek lus geraak. Lus geraak om haar om te dop en wilde seks op die tafel te hê. 

Soos ek reeds gesê het, ek was in my prima tydperk. Haar naam was Marlize en sy was engels. Sy en haar man het probleme ondervind in hulle huwelik en ek was ‘n gewillige oor. Solank soos en kan onthou het almal, mans en vrouens, daarvan gehou om soms hulle diepste geheime met my te deel. Meeste van die tyd was dit net nodig om te luister en ek dink ek sou ‘n ‘pretty decent shrink’ uitgemaak het. Ek het darem al baie boeke gelees (sielkunde 101) oor die onderwerp en al hou ek nie daarvan om diep te raak nie, want dit verveel die meeste mense, kan ek as ek wil. 

Nou ja Marlize het een oggend weer daar ingestap en op die tafel reg voor my kom sit met haar papierwerk. Sy het ‘n rok van so knie lengte aangehad met ‘n spleet aan die een kant. Dit was ‘n wit rok.  ‘n Lekker hoë spleet wat net genoeg been gewys het om ‘n mens opgewonde te maak. Sy het haar bene gekruis en haar een voet op die kant van die stoel langs my been laat rus terwyl sy op haar papierwerk gekonsentreer het. Teen die tyd het ek al lankal van enige papierwerk vergeet.

Ek het met ‘n droë mond haar hele kaal, gladgeskeerde … been (ha ha ha) gesit en dop hou en ek dink ek het dalk gekwyl. Haar bene was mooi. Niks fout wat ek kon sien nie. En ek het mooi gekyk.
Waar haar bene gekruis het kon ek regtig amper haar pantie sien. Ek het bewerig gestaar. en gestaar en al klink dit soos ‘n tipiese seks storie (Alles hier is die hele volle waarheid), het my broek lelik klein begin raak. 

Ek is tot vandag toe seker sy het alles mooi beplan en my opsetlik probeer verlei. Ek gebruik die woorde nie ligtelik nie want daardie dae was verhoudings met getroude seksbomme iets waarvan jy net in die ‘Scope’ of op die agterblad van die Sondagkoerant gelees het.

Sy het ‘n probleem met haar skoen se een band gehad en my gevra of ek kan help om dit te verstel. Ek het sonder om twee keer te dink die voet gevat wat hier voor my hang. 
Ek het met bewerige vingers die skoen uitgerek en ek het nog altyd ‘n sagte puntjie vir mooi voete gehad. Ek was amper in die hêmel. Mooi bene, mooi voet en ek raak daaraan.
Ek gaan julle nie verveel deur te veel detail nie. Ek het die band reggekry en haar skoen weer aangetrek.
Terwyl ek dit gedoen het, het sy bietjie haar been geskuif om my te help want sy kon nou sien ek sukkel so bietjie. Ek het so hol gevoel en vlinders in my maag gekry. Ek het regtig begin sweet en my hart het in my keel geklop. Ek het nou duidelik haar pantie gesien. Nie alles nie maar genoeg om my tot in die oortreffende trap in katools te maak. 

Haar pantie was rooi, en het styf gespan oor haar … julle weet wat … en dit was mooi en ek het nie gedink sy is getroud nie. Ek het nie gedink aan haar man nie. Ek het nie gedink aan my nuwe meisie nie. Ek het net gedink aan daardie pantie en wat daaragter skuil.
Ek wou dit wegtrek en my gesig daar in druk en alles voor my opvreet. Die dier in my het begin wakker word en ek het my hand op haar been gesit. Net so bo haar knie. Met die ander hand het ek haar voet gewikkel om die skoen in te kry. Met die gewikkel het sy bietjie wyer gesit om my te help en nou kon ek haar hele evangelie gade slaan. 

Sy het ‘n groot heuwel gehad en die kante het so effens uitgeloer en ek het gedink ek gaan ‘uitpass’ want die bloed het my hoof vinnig verlaat. Dit klink seker bar of soos ‘n my broer altyd sê…kilo bar. Maar dit is die waarheid. Ek wonder vandag nog of vrouens weet wat hulle aan mans kan doen en hoeveel doen dit met opset ?

In elk geval het ek nie daardie dag uitgevind hoe verbode vrugte proe nie want daar was ‘n klop aan die deur. Marlize het met ‘n effense glimlag haar bene bymekaar gekry en van die tafel gegly en teen my geskuur met haar boude toe sy uitstap. “See you again…soon…?” het sy sag gesê en by die deur uitgeglip. Ek kan nie onthou wat die vragmotor bestuurder wou hê nie…

Ek onthou tot vandag toe Marlize se bene wat aangehou het sonder ophou en dan eensklaps by ‘n rooi pantie gestop het. 

Verskoon my ek moet nou vir eers gaan. Ek kan nie meer so lekker dink nie. Daar is nog heelwat stories wat ek oor die goedere loods moet vertel. Ons sal wel daarby uitkom. Ek belowe…

Ludwig (Skoenmaker)

Advertisements

4 thoughts on “Marlize se bene

  1. Spud is wonderlik. Ek het min boeke gelees wat my een oomblik aan die lag, dan aan die huil, dan sug en dan saam protesteer het nie. Wonderlik!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s